Weber se Braaibybel is n alles-in-een meestersklas oor elke aspek van die gewilde ketelbraai. Of jy nou met gas of houtskool kook, sal hierdie omvatt ende gids alles dek wat die ywerige eienaar van n ketelbraai behoort te weet. Leer hoe om die perfekte steak of ribbetjies gaar te maak, om n lamsbeen oop te vlek, om hoenderboudjies en -vlerkies te braai sonder om dit te verbrand, en hoe om n kalkoen te berook.
Daar is wenke en goeie idees wat die geheime van n suksesvolle braai sal onthul, terwyl hoofstukke oor marinades, geurmiddels en souse jou sal inspireer om jou eie kenmerkende smake saam te stel. Van sosaties, tjops en burgers tot meer ingewikkelde spitbraaie, geroosterde groente, pizza oor die kole en piesang-smores, is hierdie boek propvol resepte vir braai regdeur die jaar.
As braai deel is van jou leefstyl en jy jou buitemuurse kookvernuf wil verbeter, hoef jy nie verder as Weber se Braaibybel te soek nie!
Loading similar products...
Stay informed about the best deals and price drops. Choose which notifications you'd like to receive from PriceCheck.
Free easy-to-follow course for anyone in South Africa who wants to learn how to start a digital business.