| Manufacturer | Unbranded |
Speurder Arrie Dogh tel die dae af tot hy en vroulief hul oudag saam kan geniet. Maar op die vooraand van sy aftrede beland 'n oenskynlik doodgewone inbraaksaak op Arrie se lessenaar. En wanneer hy begin ondersoek instel na die inbrekers op Louis Jooste se perdeplaas neffens Wildernis, besef hy daar skuil 'n slinkse slang in die gras.
Waar begin die storie wat Arrie eindelik oorvertel? By die lyding en afsterwe van Bertie Greeff se geliefde Mirjam? By die Turkse perdekopers? By Jooste se ponzi wat Bertie en vriend Diek se neseiers ingesluk het? Of begin als by die miljoene wat uit 'n rusbank op Jooste se stoetplaas verdwyn het? Die hoogs vermaaklike dog ongewone speurroman deur die meesterverteller Chris Karsten is ideale leesvermaak vir ieder en elk.
Daar is kinkels en kullery, volop skelmstreke, maar soms vang slim weliswaar sy baas.
Loading similar products...
Stay informed about the best deals and price drops. Choose which notifications you'd like to receive from PriceCheck.