| Brand | Unbranded |
| Manufacturer | Unbranded |
Vir Wim Vermaak is graad tien nes graad nege, maar op steroids. Hy land teen sy sin die understudy-rol van Nick Bottom in die skool se teateropvoering van n Midsomernagsdroom. Maar dis iets nader aan n nagmerrie as n droom, want Jenny, sy blouoog-meisie van Amsterdam, is steeds in Pieter se visier en di* keer speel Pieter om te wen.
Ouma Hantie is sy enigste hoop, maar haar kop is op n ander plek met n glibberige omie in die aftreeoord wat n oog het vir n geleentheid om gemaklik te raak.
Boonop beland Wim en sy ma byna in die tronk saam met Harold, haar menslike geraamte, en sy advokaat-pa moet weer die kasta*ings uit die vuur krap.
En tussendeur is sy tweelingsuster Maddie besig om sterflinge se sake deurmekaar te krap waar sy as haar alter ego, Puck, haar magiese Midsomernagsdroom-towerkragte links en regs laat geld.
Wim gaan dinamietplanne moet uitdink as hy di* jaar gaan oorleef.
Loading similar products...
Stay informed about the best deals and price drops. Choose which notifications you'd like to receive from PriceCheck.