| Author | Rudie van Rensburg |
| Brand | Unbranded |
| Format | Paperback |
| ISBN | 9780795802324 |
| Pages | 232 |
Hans van Kraaienburg, verlosser van die inwoners van Huis Madeliefie (2017 se Hans steek die Rubicon oor), is *p van al hul klagtes. Noudat hul drakoniese matrone iets van die verlede is, is daar steeds etlike klein probleempies wat Hans as beheerraadslid moet oplos en d*t met gans te min geld in die kietie.
Wanneer sy vriend Vasie hom dus nooi vir n vakansietjie op Hermanus, as huisgaste van di* se neef Herklaas, is Hans maar te gretig om sy safaripakke te pak. Op Hermanus gekom, vind die twee dat Herklaas in die sop is: sy blyplek staan net mooi op die plek wat die Overstrand se rykste skobbejak, Grond Graaffwater, geoogmerk het vir sy enorme nuwe hotel maar Herklaas wil ni* verkoop nie.
Wanneer Grond en sy kriminele handlangers hardhandig raak, tree Hans tot die stryd toe Herklaas moet n stel horings kry, en vir Grond trompop loop! Hans steek die Rubicon oor was n topverkoper, veral na voorlesing op RSG. Hans se tweede avontuur gaan lesers net so laat kraai van die lag. What's in the box 1 x Book
Loading similar products...
Stay informed about the best deals and price drops. Choose which notifications you'd like to receive from PriceCheck.