| Manufacturer | Unbranded |
Net soos die mense van wie ons in die Bybel lees, sukkel ons almal vandag nog met selfsugtige ambisie, ons worstel met vrees en besluiteloosheid, ons kom voor versoekings te staan en ervaar die pyn van eensaamheid. Net soos hulle, begeer ons ook 'n dieper verhouding met God en om te lewe soos Hy van ons verwag.
Manne van die Bybel Eenjaar-dagboek bestudeer die lewens van 52 mans in die Skrif en bied 'n vars perspektief op die verlossingsverhaal. Elke week fokus op die lewe van een van hierdie 52 mans deur te kyk na:
- Sy storie - 'n vertelling van sy verhaal (Maandag)
- 'n Kykie na die man - delf dieper in sy lewe en ontdek raakpunte jou eie lewe (Dinsdag)
- Sy nalatenskap in die Skrif - 'n Bybelstudie wat gebou is op die beginsels van sy lewe (Woensdag)
- Die Bybelse beloftes wat op sy lewe en jou lewe van toepassing is (Donderdag)
- Sy nalatenskap van gebed - Gebed teen die agtergrond van sy verhaal (Vrydag)
Manne van die Bybel Eenjaar-dagboek is spesiaal ontwerp vir individuele of groepstudie en sal Bybellees 'n daaglikse gewoonte maak.
Hierdie dagstukke sal jou help groei in wysheid en gehoorsaamheid en jou help om 'n man na God se hart te word.
Loading similar products...
Stay informed about the best deals and price drops. Choose which notifications you'd like to receive from PriceCheck.