| Brand | Unbranded |
| Manufacturer | Unbranded |
In vergeelde fotos van drie dekades gelede staan oopgesigseuns vol bravade voor Ratel-gevegsvoertuie. Hierdie dienspligtiges van 61 Gemeganiseerde Bataljongroep staan aan die begin van hul reis diep in Angola in om vir volk en vaderland te gaan veg. In n bloedige geveg op Valentynsdag 1988 en in die doodsakker by Tumpo sou hul jeugdige onskuld egter sneuwel.
In die hitte van die gevegte kom die besef: Nou gaan dit nie oor ideologie nie, maar om oorlewing. N* die oorlog gaan die lewe voort, maar die vrae en geestelike letsels wyk nie. In 2018 keer n groep van die ouddienspligtiges terug na Cuito Cuanavale op soek na afsluiting - en om die wrak te vind van die Ratel waarin n makker op die laaste dag van die oorlog gesterf het.
Die Brug vertel van hul reis van jong man na veteraan en gee ook n stem aan die vroue in hul lewe. Dit is n verhaal van ontnugtering, maar ook van trotse kameraderie en genesing. Features Model 9781928248088 Product/Packaging Information Product Weight 0.5kg Product Dimensions 210mm(L) x 138mm(W) x 15mm(H) Shipping Weight 0.5kg Shipping Dimensions 210mm(L) x 138mm(W) x 15mm(H)
Loading similar products...
Stay informed about the best deals and price drops. Choose which notifications you'd like to receive from PriceCheck.