Wiskunde-angs is n werklikheid wat kinders en hul ouers se lewens versuur en uiteindelik ook beroepskeuses beperk. Onder die redes daarvoor is dat basiese syfervaardighede kleintyd nie deeglik vasgel* word nie, en dat Wiskunde s* aangebied word dat kinders belangstelling verloor. Om suksesvol in Wiskunde te wees, moet n kind onder meer n parate of outomatiese kennis van getalle en die vier hoofbewerkings h*, sodat dit oombliklik, sonder om te dink, opgeroep kan word.
Best Books se Pret met Wiskunde-reeks vir die Grondslagfase vergemaklik die verwerwing van die kennis met verbeeldingryke aktiwiteite wat dit maklik en lekker maak om vaardighede stap vir stap in te oefen en heeltemal te bemeester. So word n stewige grondslag vir die kind se hele skoolloopbaan gel*.
Die Nuwe Alles-In-Een Pret met Wiskunde-werkboeke vir Graad 13 volg die KABV-kurrikulum en toon aan wat deur die jaar van jong leerders verwag word. Die werkboeke bestaan uit oefenbladsye, werkvelle en n volkleurspeletjie per kwartaal. Oefenbladsye oefen parate vaardighede in, die werkvelle bevorder kreatiewe denke en probleemoplossing, en die speletjies help om vaardighede verder in te skerp.
Al die vereiste inhoudsareas word gedek: patrone, funksies en algebra; getalle, bewerkings en verwantskappe; ruimte en vorm; datahantering; en meting. Die boeke is geskik vir gebruik in die klaskamer en tuis. Features Model 9781776070558 Product/Packaging Information Product Weight 0.5kg Product Dimensions 297mm(L) x 210mm(W) x 15mm(H) Shipping Weight 0.5kg Shipping Dimensions 297mm(L) x 210mm(W) x 15mm(H)
Loading similar products...
Stay informed about the best deals and price drops. Choose which notifications you'd like to receive from PriceCheck.