| Author | Herge |
| Brand | Unbranded |
| Format | Paperback |
| ISBN | 9781485309963 |
| Pages | 62 |
Die avonture van Kuifie (Frans: Les Aventures de Tintin et Milou) is een van die gewildste strokiesverhale wat in die twintigste eeu verskyn en is vandag steeds popul*r. Die boeke word in ongeveer 60 tale vertaal. Die hoofkarakter van die verhale is die jong Belgiese verslaggewer Kuifie. Saam met sy hond, Spokie, beleef hy verskeie avonture.
Die eerste verhaal van Kuifie verskyn op 10 Januarie 1929 as n bylae tot die Franstalige Brusselse koerant Le Vingti*me Si*cle. Herge skryf en teken in die tydperk tussen 1929 en 1976 23 strokiesverhale (die 24ste verhaal bly onvoltooi). In Kuifie in Amerika reis Kuifie en Spokie na Chicago om die stad se bendes vas te trek.
Met sy aankoms kry hy reeds te doen met die berugte Al Capone en twee van sy trawante. Hy ontmoet ook Capone se teenstander, die bendeleier Bobby Smiles. Die bendes doen alles in hulle vermo* om hom te stuit: Hulle probeer hom vergiftig en verdrink, ontvoer vir Spokie en oortuig die Indiane in n nabygele* reservaat dat Kuifie hulle vyand is.
Sal Kuifie die stryd teen die bendes wen of gaan hy en Spokie in die Slift-fabriek se blikkieskos opeindig? Features Model 9781485309963 Product/Packaging Information Product Weight 0.5kg Product Dimensions 295mm(L) x 220mm(W) x 15mm(H) Shipping Weight 0.5kg Shipping Dimensions 295mm(L) x 220mm(W) x 15mm(H)
Loading similar products...
Stay informed about the best deals and price drops. Choose which notifications you'd like to receive from PriceCheck.