| Brand | Unbranded |
| Manufacturer | Unbranded |
Hierdie publikasie is die sesde in n reeks deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns wat hulde bring aan liter*re kunstenaars wat met die Akademie se Hertzogprys bekroon is en wat oor dekades Afrikaans en die Afrikaanse letterkunde met hulle werk verryk het. Hoewel die Hertzogprys met sy meer as n eeu lange tradisie binne die bestel van liter*re pryse nie die hoogste in geldwaarde is nie, het die verwerwing daarvan n besonderse prestigewaarde en is dit vandag n vlagskipprys in die Suid-Afrikaanse liter*re w*reld.
Die reeks sluit publikasies oor Adam Small, P.G .du Plessis, Pieter Fourie, Breyten Breytenbach en andere in. Reza de Wet: Die dramaturg as dromer bestaan uit twee dele. In Deel I word n persoonlike blik op haar lewe en werk gegee deur herinneringe gedeel deur haar Afrikaanse uitgewer (Marietjie Coetsee), haar jarelange regisseur (Marthinus Basson), asook verskeie ander kollegas binne die teaterindustrie.
In Deel II dra sewe nuwe akademiese hoofstukke by tot die bestaande korpus navorsing oor een van ons land se belangrikste dramaturge van die 21ste eeu. Features Model 9781485311034 Product/Packaging Information Product Weight 0.5kg Product Dimensions 222mm(L) x 152mm(W) x 15mm(H) Shipping Weight 0.5kg Shipping Dimensions 222mm(L) x 152mm(W) x 15mm(H)
Loading similar products...
Stay informed about the best deals and price drops. Choose which notifications you'd like to receive from PriceCheck.