Description
Nuut - Die Vloek van SA Sport deur Gert Kotzé. A5, sagteband, 123 bls. Gert Kotzé was die langste gedeelte van sy loopbaan n sportskrywer wat hom op rugby toegespits het. Voor sy aftrede was hy ook n geruime tyd n politieke skrywer en redakteur. In die hoedanigheid het hy uit die staanspoor n besondere belangstelling getoon in die politieke gebeurtenisse rondom SA-sport en hoe dit vanaf die tydvak van sogenaamde sportapartheid tot die hedendaagse ingrype in sport deur die ANC met n ystergreep bestuur en gemanipuleer word. Hy het verskeie vooraanstaandes geraadpleeg en n reeks insiggewende onderhoude gevoer die resultaat is n stuk geskiedenis van SA sport wat vir die nageslagte n openbaring sal wees.