Description
Moord in die beloofde Land - Francois Bloemhof - Human & Rousseau - 256pp - Sagteband.'n Spanningsvolle roman oor n man in wie n onbekende mag stadig die oorhand kry. Die verhaal wentel rondom Samuel wat as seun reeds kennis maak met die donker sy van die lewe. Sy inisiasies in die grootmenswêreld (liefde, seks, die reëls van die ou Suid-Afrika, joernalistiek), van die 1970s tot die 1990s, is vervleg met sy obsessie met die skêrmoordenares Marlene Lehnberg. Totdat die demoon wat hy in sy pa se lewe waarneem (en wat van sy pa n reeksmoordenaar gemaak het) uiteindelik ook sý lewe oorneem en lei tot n stryd om lewe en redding. n Boeiende, intrigerende roman die skrywer kry dit goed reg om die tydsgees en die manier waarop onskuld geleidelik verdwyn oor te dra.