Description
Handgemaakte Aartappel Seep Geur/Reuk: Gegeur met plantekstrakolies en n kombinasie van ander essensiële olies. Kleur: Amper wit, gespikkel met die gemaalde anyssade. Tekstuur: Die anyssade gee die seep n growwerige tekstuur, wat die vel liggies skuur. Bestanddele: Hierdie seep is nie-vegetaries en gemaak van verseepte olies en vette As bevogtigers word sheabotter, avokado- en/of druiwepitolie en/of olyfolie gebruik. Gewig/Grootte: Handgemaakte en -gesnyde seep weeg nie almal presies dieselfde nie, maar 'n Kantriwoemin seep weeg ongeveer 130 gram, en is ongeveer 7 x 9 x 2.5 sentimeters. Aanwysings: Vat n waslap, sponsie of skroppie, maak nat en werk skuim op, waarmee jy jou hele lyf kan was. Geniet, spoel af en herhaal indien nodig. Pasop net dat die skuim nie in jou oë beland nie.
*** POSGELD NIE INGESLUIT NIE ****Stuur 'n e-pos aan kantriwoemin@gmail.com vir meer inligting.