MASSIVE SAVINGS JUST FOR YOU!
VIEW DEALS

Cass Abrahams Kook Kaap-maleis



Cass Abrahams Kook Kaap-maleis
(This title is available on demand : expected date of dispatch will be 4-7 working days once ordered)
Elke hoofstuk is steeds gestruktureer rondom een van die vele feeste wat die Kaapse Maleiers gereeld vier, met resepte van die spesiale disse wat vir spesiale geleenthede berei word. 'Nerens op aarde is daar nog 'n gemeenskap wat so graag fees vier as die Kaapse Maleiers nie; ... more details


R59.00 from Loot.co.za

price history Price history

BP = Best Price   HP = Highest Price

Current Price: R59.00

loading...

tagged products icon   Similarly Tagged Products

Features
Author abrahams cass
Format paperback (slipcased)
Pages 96
Publisher metz press
Manufacturer Metz Press
Description
(This title is available on demand : expected date of dispatch will be 4-7 working days once ordered)
Elke hoofstuk is steeds gestruktureer rondom een van die vele feeste wat die Kaapse Maleiers gereeld vier, met resepte van die spesiale disse wat vir spesiale geleenthede berei word. 'Nerens op aarde is daar nog 'n gemeenskap wat so graag fees vier as die Kaapse Maleiers nie; nerens op ons planeet 'n groep mense so toegewyd in hul danksegging aan die Almagtige vir die seeninge van die tafel nie ...' skryf dr MC D'arcy in die voorwoord van hierdie titel. Kaap-Maleise kos is lank reeds gewild onder Suid-Afrikaners in alle kringe. Hierdie titel bevat resepte vir die ou gunstelinge, sowel as minder bekende, maar ewe smullekker disse wat tradisioneel op die tafels van die Kaapse Maleiers te vinde is. Cass Abrahams Kook Kaap-Maleis spog met heelwat nuwe resepte, onder andere tradisionele disse van ander groepe in ons multi-kulturele gemeenskap, wat stelselmatig deel geword het van die Kaap-Maleise kostradisie. Daar is uitgebreide opdienwenke buite die Kaap-Maleise kulturele konteks, en die asemrowende nuwe kosfoto's fokus op individuele borde kos, onweerstaanbaar aantreklike voorgesit, liewer as die oorvloed van die tradisionele Kaap-Maleise tafel wat so kenmerkend aan hulle feesviering is. Met hierdie nuwe benadering hoop Cass om die smullekker geregte waarvan die resepte al meer as 300 jaar van geslag tot geslag oorgedra word, van die gesinstafel tot in die beste restaurante te neem sodat almal wat ons pragtige land besoek die unieke geure en smake van Suid-Afrika se eeue-oue kostradisies kan geniet.

Top offers

This site is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.