Description
Die wonder van geboorte bring groot vreugde aan nuwe ouers, maar dit bring ook baie vrae en kwellings mee.
Die Praktiese Swangerskap-Handboek bevat al die jongste inligting en verskaf sinvolle antwoorde op jou vrae - selfs vrae waaraan jy nog nie eens gedink het nie!Hierdie uiters toeganklike gids vir Suid-Afrikaanse ouers en voornemende ouers is propvol praktiese wenke en goeie advies oor:
- Voorbereiding vir bevrugting
- Swangerskap en die ontwikkelende fetus
- Die jongste inligting oor geboorte-opsies
- Hoe om die regte versorger te kies
- Die voordele van borsvoeding
- Nuwe tendense in verband met voedingstowwe, voeding en die bekendstelling aan vaste kos
- 'n Gesonde lewenstyl, insluitend keuses vir MIV-positiewe moeders
- Voorbereidings om baba huis toe te bring en hoe om ouer kinders te hanteer
- Die jongste inligting oor inentings en alledaagse siektes
- Kontaknommers vir Suid-Afrikaanse swangerskap-, geboorte- en vroeekinderjare-organisasies.