Byl In My Bos - Hennie Van Deventer



Byl In My Bos - Hennie Van Deventer
Byl in my Bos - Hennie van Deventer - Griffel - 2009, eerste uitgawe - 211pp, swart en wit foto's - Sagteband.Oor die leiers en verleiers uit sy bos gee bekroonde koerantman Hennie van Deventer kostelike glimpsies. Een staatshoof sou n skaapkop met sy knipmes takel. n Ander het die skrywer met die hand lemoenskyfies gevoer. n Deftige mevrou van Libertas se delikate doilietjies is in tronk-kame... more details

price history Price history

BP = Best Price   HP = Highest Price

Current Price: R90.00

loading...
Description
Byl in my Bos - Hennie van Deventer - Griffel - 2009, eerste uitgawe - 211pp, swart en wit foto's - Sagteband.Oor die leiers en verleiers uit sy bos gee bekroonde koerantman Hennie van Deventer kostelike glimpsies. Een staatshoof sou n skaapkop met sy knipmes takel. n Ander het die skrywer met die hand lemoenskyfies gevoer. n Deftige mevrou van Libertas se delikate doilietjies is in tronk-kamerpotte uitgespoel! Lees hoekom n topredakteur as n swaar vermomde engeltjie en sy kollega as n goeie bliksem beskryf is; oor n koerantveteraan wat in rooi pajamas uit n hospitaalbed Kabinetskuiwe reg voorspel het, en oor die skrywer wat n koeël in sy kuiltjie gekry het toe hy onskuldig was! Van Deventer kap heerlike anekdotes oop: oor n indrukwekkende galery bekendes, rykes, slimmes, skones en sommer doodgewones. Hy onthou die sluipmoorde op Hendrik Verwoerd en Chris Hani maar vergeet nie die getroue tuinman Daniël wat sy lewe verloor, en teruggekry, het nie. Die leser word toeskouer by vuurwarm direksievergaderings en vername etenstafels; hy hoor geheimpies oor n onwaarskynlike lid van die Afrikaner-Broederbond se lojaliteit; n formidabele volksmoeder se guitigheid by boere-opskoppe; n omstrede skilder se eskapades met naakte modelle … Van Deventer verklap watter vrou die onuitwisbaarste indruk op hom gemaak het, wie hy onthou soos sy eerste soen en wie n liefdesbrief van 114 bladsye gekry het. Hy verswyg ridderlik die naam van die mooi ouderling wat, kaal bolyf, knielend voor haar leraar gestaan het!
There are no offers currently available for this product. The last offer was seen on 19/08/2017 from BidorBuy for R90.00
This site is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.