Jou Romeo Afrikaans Dvd



Jou Romeo Afrikaans Dvd
Die film, wat romanse, Shakespeare, krieket, vriendskap, onvoorwaardelike aanvaarding en die liefde vier, vertel die verhaal van twee vasbeslote dramaliefhebbers van Horskool Monument in Krugersdorp wat tot enige uiterste sal gaan om hul droomproduksie op die planke te bring, met onverwagse gevolge.

Yvette Elani Dekker, Tyler Christopher van der Westhuizen en die dramabrigade is ?n pi... more details

price history Price history

BP = Best Price   HP = Highest Price

Current Price: R52.00

loading...
Features
Format DVD
Manufacturer Film Factory
Description
Die film, wat romanse, Shakespeare, krieket, vriendskap, onvoorwaardelike aanvaarding en die liefde vier, vertel die verhaal van twee vasbeslote dramaliefhebbers van Horskool Monument in Krugersdorp wat tot enige uiterste sal gaan om hul droomproduksie op die planke te bring, met onverwagse gevolge.

Yvette Elani Dekker, Tyler Christopher van der Westhuizen en die dramabrigade is ?n piepklein #arty -minderheid in ?n sportmalskool en hulle het slegs een doel voor o: Om Romeo en Juliet in hul matriekjaar op die planke te bring. Die skoolhoof, meneer Kirby Potgieter Pierre Breytenbach, het egter ander planne en sny die kuns- en kultuurbegroting om opgraderings aan die klubhuis aan te bring.

Desperaat om kaartjies te verkoop en sodoende die vertoning te red, beraam Yvette en Tyler ?n plan. Hulle oortuig die skool se sportheld en hartebreker, Marko Marais Ruan Wessels, om die rol van Romeo in Tyler se plek te vertolk. Hulle plan werk en die kaartjies verkoop soos soetkoek. Marko voel onverwags aangetrokke tot die bleek dramasiel Yvette. Sy sien ook skielik meer in Marko raak as die image van ?n ?oppervlakkige? spiertier-jock met ?n mooi glimlag.

?n Leuen dreig egter om hulle uitmekaar te skeur en gevolglik ook die opvoering te kelder. Om universiteitstoelating te kan kry, moet Marko ?n sportbeurs met sy krieketkolf losslaan. Terwyl hy uithaal en wys op die krieketveld, wonder Yvette of Marko werklik haar Romeo kan wees.
There are no offers currently available for this product. The last offer was seen on 14/04/2024 from takealot.com for R52.00
This site is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.