Die Griekwastad-moorde Jacques Steenkamp 2014 New



Die Griekwastad-moorde Jacques Steenkamp 2014 New
 Die Griekwastad-moorde Jacques Steenkamp Die ware verhaal agter die moorde wat die land geruk het deur die joernalis wat die storie onthul het … 

Die vrede en stilte in die Noord-Kaapse dorpie Griekwastad is kort ná skemer op GoeieVrydag, 6 April 2012, versteur toe n tienerseun in sy pa se Isuzu-bakkie die dorp ingejaag het en met skreeuende remme voor die byna verlate pol... more details

price history Price history

BP = Best Price   HP = Highest Price

Current Price: R160.00

loading...
Description
 Die Griekwastad-moorde Jacques Steenkamp Die ware verhaal agter die moorde wat die land geruk het deur die joernalis wat die storie onthul het … 

Die vrede en stilte in die Noord-Kaapse dorpie Griekwastad is kort ná skemer op GoeieVrydag, 6 April 2012, versteur toe n tienerseun in sy pa se Isuzu-bakkie die dorp ingejaag het en met skreeuende remme voor die byna verlate polisiestasie tot stilstand gekom het. 

Dit was netvoor 19:00 toe Don Steenkamp, vol bloed, uit die voertuig gespring het en die aanklagkantoor binnegestorm het met die nuus dat sy ouers en suster op die familieplaas Naauwhoek wreedaardig geskiet en vermoor is. 

Alhoewel daar aanvanklik gedink is dat die moorde net nóg n plaasaanval was, is n sestienjarige maande later vir die moorde gearresteer. Dit het n proses aan die gang gesitwat Suid-Afrika sou meesleur en die mense van Griekwastad onderling sou verdeel.

Hierdie storie is die aangrypende verhaal, gebaseer op onderhoude met al die betrokkenes insluitende die ondersoekbeamptes, die forensiese en ballistiese deskundiges, asook familie envriende van die oorledenes, van wat werklik op daardie noodlottige dag op die plaas Naauwhoek gebeur het, soos vertel deur die verslaggewer wat eerste daaroor berig het … 

Dit sluit in die sensasionele uitspraak en skakels na mikrowebtuiste met die nuutste inligting oor die vonnisoplegging.

Jacques Steenkamp dek reeds meer as ses jaar lank stories regoor Suid-Afrika soos die nuus ontvou. In hierdie tyd het hy verslag gedoen oor honderde moorde en etlike hofsake. Hy word beskou as een van die land se beste verslaggewers oor harde nuus en het oor die jare heen al verskeie pryse vir joernalistiek ontvang. Hy het die Griekwastad-moorde van die begin af gedek en het met behulp van sy kontakte en bronne die waarheid agter hierdie grusame saak ondersoek en ontbloot. Hy het die diens van Media24 onlangs verlaat vir pos by die SABC as radioverslaggewer.   » Author:                 Jacques Steenkamp » Title:                    Die Griekwastad-moorde » ISBN:                   9781770225626 » Format:                Softcover » Release Date:        May 2014 » Imprint:                Zebra Press » Pages:                  288  
There are no offers currently available for this product. The last offer was seen on 11/05/2017 from BidorBuy for R160.00
This site is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.