Boereplaas Afrikaanse Bordspel - Nou Weer Beskikbaar Na Dekades



Boereplaas Afrikaanse Bordspel - Nou Weer Beskikbaar Na Dekades
 Boereplaas ™ is hier!
BOEREPLAAS ™ is groot pret. Nou vir die eerste keer in jare, is daar weer n eg-Suid-Afrikaanse bordspeletjie op die mark. Net in Afrikaans. Net in Suid-Afrika. Met die heel beste en mooiste prente en kwaliteit bybehore.
Kry die hele gesin saam, bel jou maats, kom speel Boereplaas. Nou gaan ons Boer!
Kom speel n lekker moderne weergawe van Boere... more details

price history Price history

BP = Best Price   HP = Highest Price

Current Price: R385.00

loading...
Description
 Boereplaas ™ is hier!
BOEREPLAAS ™ is groot pret. Nou vir die eerste keer in jare, is daar weer n eg-Suid-Afrikaanse bordspeletjie op die mark. Net in Afrikaans. Net in Suid-Afrika. Met die heel beste en mooiste prente en kwaliteit bybehore.
Kry die hele gesin saam, bel jou maats, kom speel Boereplaas. Nou gaan ons Boer!
Kom speel n lekker moderne weergawe van Boereplaas! Beurtkrag laat jou kuikens vrek, jy moet allerhande belastings betaal en die werkers staak vir hoër lone. Aan die positiewe kant voer jy vrugtesap uit na Doebai, begin n staproete op jou plaas en begin n aanleg vir gebottelde water.
BOEREPLAAS ™ is pret, maar ook opvoedkundig. Dit leer kinders (en grootmense) van boerdery, ondernemingsgees, taalvaardighede, rekenkunde en sosiale interaksie. Ook hoe om met geld te werk. Jy moet oordeelkundig op jou plaas boer, anders speel jy dalk bankrot of kan jy nie n trekker of huis vir jou plaas bekostig nie. Leer om somme te maak as jy aankope en verkope doen en van die goeie en slegte tydings met boerdery.
Speel die Boereplaas speletjie en ondersteun Afrikaans. Dis nou beskikbaar, moet dit nie misloop nie. Doel van die SpelOnthou jy vir oom Kallie, daardie droogmaker-voorman op Boereplaas wat nooit iets kon reg doen nie? Wel, ontmoet oom Sakkie! Hy kan niks regdoen nie. Hy leen jou (die boer) voertuig en gooi petrol in jou diesel bakkie en stamp die bakkie as hy dorp toe gaan. Hy leen ook geld en dobbel alles uit by die casino. Hy is n modern ramp! Ongelukkig het jy vir oom Sakkie nodig om jou boerdery aan die gang te kry. Soos met enige bordspeletjie is daar sekere reëls waarvolgens die spel gespeel word. Hier n paar hoofkenmerke van BOEREPLAAS™:
Spelers
Spelers vanaf so 6 jaar kan deelneem. Tieners, jongmense en grootmense speel net so lekker BOEREPLAAS! Dit is n spel vir oud en jonk en die ideale spel vir families.
Die spel kan deur 2 tot 6 spelers gespeel word. Een van die spelers (of n person wat nie deelneem aan die spel nie), kan as die Bankier van die Boere Bank funksioneer.
Die tydsduur van die spel is ongeveer 30 tot 60 minute
Om die spel te begin.
• Kry n groot tafel met genoeg sitplek vir elke speler, plek vir sy bord en geld wat deur die bank voorgeskiet word. Elke speler kry een bord (wat n plaas verteenwoordig).
• Die Bankier (een van die spelers) deel nou die volgende geld uit aan elke speler: 1xR500; 2xR200; 4xR100; 4xR50; 4xR20; 5xR10 vir n total van R1,630.
• Al die kaartjies word deurmekaar geskommel (prent- en opdragte kaartjies) en in die middel van die tafel geplaas.
• Een speler begin die spel en trek dan die boonste kaartjie uit die geskommelde kaarte.
• Die opdragte kaartjie se opdragte moet uitgevoer word, terwyl die prentkaarte (opsioneel) aangekoop kan word indien dit opgetel word.
• Betalings moet aan die Boere Bank deur die Bankier gedoen word, tensy die kaartjie n ander opdrag gee.
 
Toebehore
Die toebehore vir die spel bestaan uit 6 borde (of plase); 132 kleurkaartjies (gewasse, vee & implemente) en geldkaartjies met ses denominasies.
Ses borde
Die borde verteenwoordig verskillende Boere wat elkeen op n plaas met gemengde boerdery moet boer. Daar is ses plase met die volgende lekker Afrikaanse Boere- en plaasname: Oom Peet van Swerwersrus; Oom Anton van Vrekgesukkel; Oom Hennie van Rooikraal; Oom Dawie van Volstruiskop; Oom Sarel van Blesbokvlakte en Oom Gerrie van Rysmierbult.
Kleurkaarte (boerdery gewasse, vee & implemente)
Elke bord het plek vir 10 kleurkaarte wat elkeen teen n prys aangekoop kan word: Oom Sakkie, die plaasvoorman @ R20; Die Plaashuis, oftewel woning op die Boer se plaas @ R1500; Trekker @ R460; Beeste @ R300; Hoenders @ R80; Mielies @ R200; Koring @ R120; Aartappels @ R80; Vrugte @ R60 & Groente @ R40.
Speelkaarte
Daar is 72 kaartjies wat spelers om die beurt moet optel. Hierdie kaar
There are no offers currently available for this product. The last offer was seen on 11/05/2017 from BidorBuy for R385.00
This site is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.