Die Rolbalspeler - Zain Eckleton



Die Rolbalspeler - Zain Eckleton

Die Rolbalspeler - Zain Eckleton - Kwela - 2011 - 272pp - Sagteband.

Hans vleg rottangmandjies in Soutrivier. Hy bly saam met sy ma en broer in Bishop Lavis, en dit gaan maar sukkel-sukkel, veral noudat sy ma diabetes het. Op pad werk toe een oggend help n blondekop-vrou hom oor Voortrekkerweg, nog voor hy n woord kan uitkry. Dis eers oorkant die s... more details

price history Price history

BP = Best Price   HP = Highest Price

Current Price: R85.00

loading...
Description

Die Rolbalspeler - Zain Eckleton - Kwela - 2011 - 272pp - Sagteband.

Hans vleg rottangmandjies in Soutrivier. Hy bly saam met sy ma en broer in Bishop Lavis, en dit gaan maar sukkel-sukkel, veral noudat sy ma diabetes het. Op pad werk toe een oggend help n blondekop-vrou hom oor Voortrekkerweg, nog voor hy n woord kan uitkry. Dis eers oorkant die straat dat hy haar reghelp. Dankie, maar dit was nie nodig nie, sit hy haar op haar plek. Net omdat hy sleg sien beteken nie hys hulpeloos nie…

Dit neem nie lank voor hy en die blondekop vriende raak nie. Erika moedig hom aan om lid te word van die plaaslike rolbalklub vir blindes. En om klaar te maak met skool. In n oogwink verander Hans se hele lewe. Daar is skielik weer hoop, nuwe vriende, en bowenal, as hy Erika se stem hoor, is daar skoenlappers in sy maag.

Die Rolbalspeler vertel die ontroerende verhaal van n jong man wat vir die eerste keer in sy lewe sy voete vind. Twee persent sig is dalk n hindernis, maar niks skeel met sy verstand, en met sy hárt nie.

There are no offers currently available for this product. The last offer was seen on 11/05/2017 from BidorBuy for R85.00
This site is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.