Die Saw In Die Grensoorlog 1966-1989



Die Saw In Die Grensoorlog 1966-1989
(This title is available on demand : expected date of dispatch will be 4-7 working days once ordered)
Die boek kyk vir die eerste keer omvattend na die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) se rol in die Grensoorlog in Namibie en Angola. Dit ontleed die oorsake en verloop van die konflik, asook die breer internasionale konteks waarbinne dit plaasgevind het. Die SAW in die Grensoorlog ... more details

price history Price history

BP = Best Price   HP = Highest Price

Current Price: R376.00

loading...
Features
Author leopold scholtz
Format paperback
ISBN 9780624054085
Pages 544
Publisher tafelberg publishers ltd
Manufacturer Tafelberg Publishers Ltd
Description
(This title is available on demand : expected date of dispatch will be 4-7 working days once ordered)
Die boek kyk vir die eerste keer omvattend na die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) se rol in die Grensoorlog in Namibie en Angola. Dit ontleed die oorsake en verloop van die konflik, asook die breer internasionale konteks waarbinne dit plaasgevind het. Die SAW in die Grensoorlog bevat belangrike nuwe inligting uit dokumente wat sedert die einde van die oorlog in 1989 gedeklassifiseer is. Hieronder tel dokumente van die Staatsveiligheidsraad, die departement van buitelandse sake, die SAW en die Kubaanse en Sowjetse regerings. Dit werp lig op die Suid-Afrikaanse regering se oogmerke in sowel Angola as die destydse Suidwes, die SAW se strategie in die konflik en die oorgrensoperasies in Angola. Scholtz het ook onderhoude gevoer met verskeie prominente oudoffisiere van die SAW en geput uit inligting uit die Kubaanse argiewe om so n volledig moontlike prentjie van individuele operasies te skets. Al die belangrikste operasies en veldslae van die oorlog word bespreek, waaronder Savannah, Reindeer, Sceptic, Protea en Moduler, asook die veldslae by Cassinga en Cuito Cuanavale. Hierdie besprekings word aangevul deur aangrypende vertellings deur oudsoldate van die SAW wie se ervarings die afgelope dekade op webwerwe gepubliseer is. Scholtz kyk ook krities na die rol wat die Swapo en SAW- leierskap gespeel het. Die skrywer vergelyk in die laaste hoofstukke die onderskeie partye, waaronder Swapo, die Angolese regering, die Kubane en die SAW se onderskeie doelwitte met die oorlog en in watter mate dit bereik is al dan nie. In die proses beantwoord Scholtz die vraag: Wie het die Grensoorlog gewen?
There are no offers currently available for this product. The last offer was seen on 11/10/2021 from Loot.co.za for R376.00
This site is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.