Goeiemore Mnr Mandela



Goeiemore Mnr Mandela
Zelda la Grange het grootgeword as 'n ondersteuner van die reels wat wit en swart skei. En tog sou sy een van Nelson Mandela se naaste vertrouelinge word, en liefde en respek ontwikkel vir hierdie man wat aan haar as 'n vyand voorgehou is. Goeiemore, mnr. Mandela vertel die uitsonderlike verhaal van hoe 'n jong vrou se lewe, oortuigings en vooroordele omvergewerp word deur die grootste staatsman v... more details

price history Price history

BP = Best Price   HP = Highest Price

Current Price: R94.80

loading...
Features
Author la grange zelda
Format paperback
Publisher penguin books (sa) (pty) ltd
Manufacturer Penguin Books (SA) (Pty) Ltd
Description
Zelda la Grange het grootgeword as 'n ondersteuner van die reels wat wit en swart skei. En tog sou sy een van Nelson Mandela se naaste vertrouelinge word, en liefde en respek ontwikkel vir hierdie man wat aan haar as 'n vyand voorgehou is. Goeiemore, mnr. Mandela vertel die uitsonderlike verhaal van hoe 'n jong vrou se lewe, oortuigings en vooroordele omvergewerp word deur die grootste staatsman van ons tyd. Dit volg die ongelooflike lewenspad van 'n verskrikte tikster in haar vroee twintigs wat gekies word as die president se lojaalste steunpilaar en haar loopbaan daaraan wy om reisgenoot en versorger te word van die man wat sy 'Khulu' noem. Oupa. Zelda bring hier hulde aan Nelson Mandela soos sy hom geken het: Leermeester van wie sy haar belangrikste lewenslesse ontvang het. 'n Man wat nie die verlede oor sy hede sou laat heers nie. 'n Man vol respek en vergifnis teenoor almal, maar wat ook openhartig, reguit en 'n terggees kon wees. Terwyl hy sy land vernuwe het, het hy Zelda ook uit 'n geslote wereld van vrees en wantroue bevry en betekenis aan haar lewe verleen. Hierdie boek wentel om liefde en tweede kanse. Dit sal jou lewe raak en jou laat glo elkeen van ons, ongeag wie ons is en wat ons gedoen het, het die mag om te verander.
There are no offers currently available for this product. The last offer was seen on 27/10/2020 from Makro for R94.80
This site is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.