Description
Marius Hugo, 'n jong mediese student het een groot liefde in sy lewe: sy toekomstige beroep as dokter, waar hy mense kan bedien en sodoende die wereld 'n beter plek maak.
Om vir sy studies te betaal, werk hy deeltyds by 'n padkafee, en op 'n dag is dit juis daar, waar hy vir Dr Louise, 'n ongelukkige getroude vrou ontmoet, by wie hy sy geluk probeer vind. Sy huislewe is ook nie juis wonderlik nie: daar is 'n motorfiets 'gang' op sy spoor en hulle probeer hul soort menslike bedi-ening uitoefen: met vuiste en kettings.
Sy agtergrond in die agterstrate is sy verlede: sy beroep as dokter en dienaar is sy toekoms.