Description
Brand: kykNet Kry daai lyf saam met Linda Kriel en verbrand vet terwyl jy vet pret het. Oud en jonk, gesout of groen kan saam oefen en fiks word! Hou daardie ligte gewigte wat jy in die spaarkas bere byderhand of gebruik sommer waterbottels of blikkies kos. En terwyl jy oefen, kry jy hope wenke oor hoe om gesond te eet en van daardie ekstra rolletjies ontslae te raak. Voor jy weet, het jy n spiksplinternuwe gesonde leefstyl! Linda Kriel het destyds Suid-Afrikaners fiks gehou met Body Beat op Goeiemore, Suid-Afrika. Syt in 2014 teruggekeer na die kassie met die uiters suksesvolle KRY DAAI LYF op kykNET (DStv kanaal 144) en nou kan jy op jou eie tyd dieselfde vrugte pluk as kykNET kykers