Professor Frisco Se Penarie Deur Corlie Putter. Kies Jou Eie Avontuur Jeugboek .annaemm



Professor Frisco Se Penarie Deur Corlie Putter. Kies Jou Eie Avontuur Jeugboek .annaemm
Ons KIES JOU EIE AVONTUUR-reeks jeugboeke is baie gewild! Nie net is dit propvol aksie, spanning, en gevaarlike kinkels nie ... maar dit is die ideale leesstof vir kinders wat lui is vir lees. Hierdie boeke is nie soos ander boeke wat jy al gelees het nie... Jy kan dit nie van voor tot agter deurlees nie. Aan die einde van elke bladsy moet jy, die leser, 'n keuse maak wat bepaal w... more details

price history Price history

BP = Best Price   HP = Highest Price

Current Price: R135.00

loading...
Description
Ons KIES JOU EIE AVONTUUR-reeks jeugboeke is baie gewild! Nie net is dit propvol aksie, spanning, en gevaarlike kinkels nie ... maar dit is die ideale leesstof vir kinders wat lui is vir lees. Hierdie boeke is nie soos ander boeke wat jy al gelees het nie... Jy kan dit nie van voor tot agter deurlees nie. Aan die einde van elke bladsy moet jy, die leser, 'n keuse maak wat bepaal wat volgende gaan gebeur. Jy kan die boeke oor en oor lees, want daar is meer as 40 verskillende eindes vir elke storie! Maar wees gewaarsku... Die avontuur is gevaarlik. Kies versigtig...** In VLOEK VAN DIE SEEKAT-EILANDE is jy 'n spesialis op die gebied van Antieke geskrifte, en terwyl jy die vloek van 'n geheimsinnige eiland moet vryspring, moet jy ook jou vriendin, Ans, probeer red...** In PROFESSOR FRISKO SE PENARIE is jy die laboratorium-assistent van 'n verstrooide professor. Jy word gekrimp om geheime dokumente te gaan soek, en moet 'n paar gevare en 'n klomp skelms ontduik...** In RAAISELS IN DIE MUSEUM is jy 'n polisie-speurder wat die verdwyning van die museum se eienaar moet ondersoek. Jy jaag teen tyd, want jy moet die ou tannie opspoor voordat 'n nuwe item om middernag bekendgestel word...** In NAG VAN DIE SEEROWERS moet jy jou oom en tannie, asook die gaste op 'n passasierskip probeer red, want die kaptein van die skip is in werklikheid 'n seerower. Maar wie sal jou glo...?**In DOOLHOF IN DIE DIERETUIN vra 'n vreemde meisie jou hulp om haar pa op te spoor. Hy het in 'n doolhof in die dieretuin verdwaal. Maar alles is nie pluis nie. Jy moet wilde diere en skelms ontduik, en jou pad lewend uit die doolhof vind...100 Bladsy A5 boekSagteband
There are no offers currently available for this product. The last offer was seen on 08/12/2017 from BidorBuy for R135.00
This site is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.