Dzl Cd



Dzl Cd
Na die sukses van sy Rooiwarm FAK treffers en Basta, is Andries
Hendrik Potgieter terug met n nuwe klank wat gehore regoor
Suid-Afrika se voete gaan laat juk. Saam met die talentvolle
nuweling, Wiaan Fourie, bring die twee sangers van die groep DZL n
nuwe Pop-Rock-Country klank wat sal aanklank vind by jonk en oud.
Hulle eerste enkelsnit, Een Kans, word tans vrygeste... more details

price history Price history

BP = Best Price   HP = Highest Price

Current Price: R25.00

loading...
Features
Artist DZL
Format Audio CD
Label Next Music
Manufacturer Sony
Description
Na die sukses van sy Rooiwarm FAK treffers en Basta, is Andries
Hendrik Potgieter terug met n nuwe klank wat gehore regoor
Suid-Afrika se voete gaan laat juk. Saam met die talentvolle
nuweling, Wiaan Fourie, bring die twee sangers van die groep DZL n
nuwe Pop-Rock-Country klank wat sal aanklank vind by jonk en oud.
Hulle eerste enkelsnit, Een Kans, word tans vrygestel en sal
binnekort op radiostasies regoor die land gehoor word.
Die konsep rakende Een Kans is baie universeel en kan op baie
maniere toegepas word. Soms kry ons net een kans om n verskil te
maak, n goeie indruk te maak, iemand te help, ons lewe in n nuwe
rigting te stuur die lys is eindeloos. Vir ons is hierdie Een Kans
om ons geleenthede met altwee hande aan te gryp en n sukses van dit
te maak, se Andries Hendrik.
Die twee sangers het onlangs kragte saamgesnoer en hulle
lewendige, saamsing optredes het reeds goed aftrek gekry by gehore
regoor die land. Hulle werk tans aan n nuwe album wat na verwagting
in September 2015 die lug gaan sien.
Andries Hendrik het al diep spore in die Suid-Afrikaanse
musiekbedryf getrap en spog met opnames saam met van die land se
grootste kunstenaars soos Grammy-bekroonde, Soweto Gospel Choir en
Steve Hofmeyr. Sy stem is ook op internasionale verhoe gehoor waar
hy gehore in Disneyland, New York, Atlanta en Namibie vermaak
het.
Sy duet met Namibiese sangeres, Lize Ehlers, is in 2014 vir n
Namibiese Musiektoekenning benoem. Woestynroos het nommer een
posissie op vele Namibiese radiostasies se ranglyste beklee.
Nie net beskik Andries Hendrik en Wiaan oor n unieke sangtalent
nie, hulle altwee is ook baie aktief in die modelbedryf betrokke.
Andries Hendrik het reeds aan New York Fashion Week en SA Fashion
Week deelgeneem. Die tween manne het ook vanjaar alreeds aan Ghana
Mercedes Benz Fashion Week en SA Menswear Week in Kaapstad
deelgeneem.
Wiaan Fourie het al van kleins af n passie om te sing en n
loopbaan daarvan te maak. Wiaan skryf ook sy eie liedjies en werk
hard aan nuwe klanke waarmee hy en Andries Hendrik die gehore
vermaak.
Die twee bedrywige manne is opgewonde om hulle sang, talent en
passie vir die musiekbedryf met gehore te deel!
There are no offers currently available for this product. The last offer was seen on 08/06/2021 from Raru for R25.00
This site is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.